SA akteur John Kani ook in nuwe Lion King-fliek

Daar is vandeesweek aangekondig dat Beyonce die hoofrol sal vertolk in die nuwe weergawe van Disney se The Lion King. Sy kruip in die vel van Nala, die leeuwyfie. Donald Glover sal die stem van Simba, die hoofkarakter, vertolk.

Hul mede-sterre sluit in Chiwetel Ejiofor as Scar en Seth Rogan as Pumba die vlakvark. James Earl Jones sal soos in die oorspronklike fliek in 1994 weer Mufasa speel. Britse komediant John Oliver sal die stem wees van Zazu, die neushoringvoël, wat in die eerste fliek deur Rowan Atkinson vertolk is. Die rolprentreus het ook bevestig dat die Suid-Afrikaanse akteur John Kani die rol van Rafiki in die nuwe fliek gaan speel. Kani is veral bekend vir werke soos Nothing but the Truth, The Ghost and the Darkness en die meer onlangse So Ry Miss Daisy saam met Sandra Prinsloo.

Die fliek word geskep op dieselfde manier as die onlangse nuwe The Jungle Book, wat ook verskeie groot name gelok het en waarin realistiese rekenaargegenereerde diere gebruik is.
Die fliekvrystelling word beplan vir Julie 2019 en sal geredigeer word deur Jon Favreau, wat ook verantwoordelik was vir die nuwe weergawe van The Jungle Book. In ’n verklaring het hy gesê: “Dit is ’n regisseur se droom om só ’n talentvolle span saam te stel om hierdie wonderlike storie weer te laat realiseer.”

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog nuus en artikels, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?