Ruanda-gastehuis

Ruanda-gastehuis is 1,5 km buite Vredendal en bied gehalteverblyf vir reisigers. Die gastehuis grens aan wingerde en bied ’n pragtige en goed versorgde boomryke tuin.

 

Die gastehuis bestaan uit 5 en suite-slaapkamers met ’n dubbelbed of enkelbeddens. Elke kamer het lugversorging, ’n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, asook koffie- en teemaakgeriewe.

 

Verder spog die gastehuis ook met aangewese braai-areas, ’n ruim, gemeenskaplike sitkamer met ’n kroeg, ‘n ingeboude braai, ’n pooltafel en ’n eetsaal. Veilige parkeerplek agter ’n motorhek is beskikbaar.

 

Vredendal is aan die oewer van die Olifantsrivier geleë en word omring deur pragtige wingerde. Die dorp is ook naby die kusdorpies Doringbaai en Strandfontein – ideaal vir ’n dag op die strand. Die wynroetes en jaarlikse Namakwaland-blommeseisoen is gewilde besienswaardighede in die omgewing.
Bron: lekkeslaap.co.za, Ruanda-gastehuis

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?