RSG vier 80 jaar op die lug

RSG word op 27 Oktober 80 jaar oud en het dit goed gedink om dié verjaarsdag te vier met ’n herdenking aan al die legendes wat die gange van die RSG-ateljee geloop het.

Luisteraars kan uitsien daarna om bederf te word deur die grondslag van RSG se legendariese uitsendings deur onder andere Fanus Rautenbach, Audrey Blignault en Monica Breedt.
Flink uit die vere, destyds aangebied deur Fanus Rautenbach op weeksdae van 07:00 tot 08:30, gaan luisteraars vermaak van 05:00 môre-oggend.

Kobus Burger, RSG se uitvoerende dramavervaardiger, let op dat die grootste verskil vanaf die eerste uitsending op 27 Oktober 1937 tot nou, die verskil in formaliteit en tonaliteit is.
Ander programme om na uit te sien is Praat saam, Vrouerubriek uit Oggend op RSG, Stadig oor die klippe en Saterdagspieël uit die program – Oppiradio.

Sit terug en geniet ’n magiese reis na gister soos wat dié radiostasie jou deur die dekades heen meevoer.

Luister mooi! Vier luisteraars kan ook ’n wegbreeknaweek wen en inskrywings sluit op 3 November om 12:00. Vir meer inligting besoek gerus www.rsg.co.za

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus en artikels, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?