Rooms Katolieke Kerk op Vredendal hou koekverkoping

Eerskomende Saterdag gaan die gemeente van die Rooms Katolieke Kerk op Vredendal ’n lekker koekverkoping hou. Die verkope sal Saterdagoggend om 10:00 begin.

 

Daar sal ’n verskeidenheid smullekker koeke wees. Gaan maak gerus ’n draai en ondersteun die gemeente van die Rooms Katolieke Kerk. So doen jy sommer ook jou Moedersdag-aankope. Koeke sal net beskikbaar wees terwyl voorraad hou.

 

Met ’n aanbod soos hierdie wil jy dit beslis nie misloop nie. Gaan maak vroegtydig ’n draai en doen jou aankope om teleurstelling te voorkom.
Bron: Katolieke Kerk Vredendal Parish, Facebook-blad.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?