Redes om die Matzikama-streek te besoek

Dit is amper weer vakansietyd en dit beteken dat almal planne het om iewers heen te reis. Beplan jy dalk ’n besoek aan die Matzikama-streek maar het geen idee wat jy moet doen of watter plekke jy moet besoek? Ons streek is bekend vir buitelug-aktiwiteite en ook die verskillende wynkelders en die mooiste strande. Hier is die plekke wat jy moet besoek:

Staproetes en toere:

Jy kan uitsien na verskillende staproetes in en om die Matzikama-streek. Namakwa Toere bied jou die mooiste en opwindendste staproetes aan. Daar is verskillende staproetes en toere om na uit te sien. Kontak Namakwa Toere by 027 219 1377 of stuur ’n e-pos na info@namakwatoere.com en bespreek nou jou toer en staproetes vir die feesseisoen.

Strandfontein en Doringbaai is die mooiste plekke in die Matzikama-streek om te besoek. Hier is ook staproetes vir natuurliefhebbers en buitelugaktiwiteite om aan deel te neem. Die roetes en aktiwiteite is as volg:

Roetes:

  • Noordkyker-roete
  • Kransrant-roete
  • Olifant-dagstaproete

Buitelugaktiwiteite:

  • Visvang
  • Bergfietsry
  • Watersport
  • Walviskyk
  • Wynproe
  • Voëlkyk
  • Swem en branderplankry

Die Matzikama-streek is ook bekend vir die wynkelders en wynmakers wat die lekkerste wyne produseer. Maak seker om die volgende plekke te besoek vir die lekkerste wyne:

Klawer Wynkelder:
Klawer Wynkelder is op die N7 geleë en bekend vir hul gehalte wyne. Wyne soos Chenin Blanc, Merlot, Sauvignon Blanc en Pinotage word by dié kelder gemaak. Hulle bied ’n gratis wynproe by die kelder aan en het ook lieflike groen grasperke waar jy met ’n bottel wyn kan ontspan. Bespreek vir ’n wynproe-sessie by 027 216 1530 of stuur ’n e-pos na ontvangs@klawerwyn.co.za.

Teubes-wyne:
Teubes-wyne spog met ’n verskeidenheid wyne, waaronder rooiwyn wat al vir drie generasies gemaak word. Hulle het heerlike kos en bied ’n verskeidenheid wynproë aan. Indien jy belang stel om die wyn te proe, kontak hulle by 027 213 2377 of www.teubeswines.co.za.

Namaqua-wynkelder:
Namaqua-wynkelder is bekend vir hul restaurant en wynproelokaal, Die Keldery. Die restaurant is bekend vir lekker geregte en hul gasvryheid. Hulle bied ook ’n gratis wynproe aan en sjokolade- en biltong-wynparings teen R35. Indien jy meer inligting oor Namaqua-wynkelder benodig, kontak 027 213 3698 of besoek hul webwerf by www.namaquawines.com of www.diekeldery.com.

Maskam Brewing Company:
MBC is bekend vir hul craft biere en gesellig restaurant. Hul spyskaart bied heerlike opsies asook die lekkerste wyn. Maskam Brewing Company is geleë langs die R363 tussen Vredendal en Lutzville. Bespreek by 082 888 0119 of maree@maskambrewing.co.za
Besoek hierdie kelders en doen buitelug-aktiwiteite oor die naweek of tydens die blomme- en somerseisoen. Dit is beslis die moeite werd en iets om na uit te sien.

Jy kan ook Namaqua West Coast kontak indien jy nie weet vir wie om te bel nie. Die personeel sal jou met graagte help. Kontak Namaqua West Coast by 027 201 3376 of stuur ’n e-pos na info@visitnwc.com of besoek hul webtuiste by www.visitnwc.com

As jy die Matzikama-streek besoek, gaan daar beslis baie wees om te doen en baie om na uit te sien. Maak ons streek deel van jou volgende besoek, jy sal beslis nie spyt wees nie.

    

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?