Radio Namaqualand-gholfdag

Die Radio Namakwaland-gholfdag vind jaarliks by die Lutzville-gholfklub plaas. Dit is vanjaar die vyfde keer dat hierdie gholfdag aangebied word. Op dié dag saai Radio Namakwaland ook regstreeks uit van die gholfbaan.

Die formaat van die dag is ’n beterbal en daar is ook ’n ete ná die kompetisie. Inskrywingsfooie beloop R250 per persoon wat ook ’n ete-kaartjie insluit. Ekstra etes is ook beskibaar teen R50 per persoon.

Dit is een van die beste gholfdae op die streek se kalender en is altyd groot pret met ’n baan vol spelers.

Die opbrengs van die dag gaan aan Radio Namakwaland en as jy meer inligting wil hê oor wat hulle daarmee doen, kan jy gerus vir Bernard Lamprecht by die radiostasie kontak by 027 213 4208 of vir Collin Sawyer by 083 650 1667.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?