Raadslede reik uit saam met MSR

Die afgelope week het raadslede Rhenda Stephan, Willem Loff en Kallie Louw in samewerking met MSR ’n reuse verskil gemaak in drie mense se lewens toe die persone rolstoele ontvang het. Al drie persone is afhanklik van rolstoele om te beweeg maar finansieël is dit onmoontlik vir hulle om dit aan te skaf.  

Volgens Elizna Mouton, skakelbeampte by Matzikama-munsipaliteit, het die raadslede die persone geïdentifiseer waarna Mineral Sands Resources (MSR) hul bydrae aan die Matzikama gemeenskap gelewer het.

“Met die oorhandiging het Robert Walker, bestuurder van MSR, onderneem om die huise meer rolstoelvriendelik te maak deur opritte te laat bou voor die verskillende huise. Die raad bedank MSR vir hierdie besondere skenking en wil graag alle inwoners van Matzikama aanmoedig om uit te reik na mekaar,” sê Mouton.

Op die foto’s is Robert Walker (bestuurder van MSR) asook Nastassja Cloete (skakelbeampte van MSR) by raadslede: Rhenda Stephan, Willem Loff en Kallie Louw saam met die gelukkige persone wat rolstoele ontvang het. Fred Wagener van LGO het die persone se nood geïdentifiseer en gehelp om ’n reuse verskil te maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?