Raad vir sonbrand

Ons almal besoek oor die feesseisoen verskillende strande om te ontspan en af te koel ná ’n jaar van harde werk. Tydens jou besoek aan die see is dit maklik om sonbrand te kry. Hier is ’n paar wenke wat jou sal kan help met sonbrand en hoe om dit doeltreffend te behandel.

  • Vat ’n lekker koel bad en gooi een koppie asyn in jou water – dit help om die brandgevoel te verlig.
  • Jy kan ook koeksoda in jou koue badwater gooi in plaas van asyn.
  • Indien jou lyf erg rooi gebrand is, kan jy ’n appelasyn- en suurlemoensapmengsel gebruik om van rooi gloed ontslae te raak.
  • Spons jou lyf af met swart rooibostee of groen tee. Jy kan ook ’n groot kastrol sterk rooibostee of groen tee aanmaak en dit in jou badwater gooi. Dit sal help om die hitte uit jou songebrande vel te trek.
  • Jy kan ook koue melk in ’n bakkie gooi en die gebrande areas op jou lyf afspons.
  • Komkommersap (van komkommer wat jy gemaal het tot ’n fyn pasta) is ook ’n goeie metode wat jy kan gebruik vir sonbrand.

Probeer hierdie wenke as jy weer sonbrand opdoen tydens jou volgende besoek na die see. Maak ook volgende keer seker dat jy sonbrandroom aansmeer en vermy ook die son waar dit nodig is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?