Pluimbal begin in Lutzville en Vredendal area

Pluimbal is ’n sportsoort wat nie eintlik in die Matzikama beoefen word nie, maar lede van die gemeenskap het onlangs anders redeneer. Verskeie lede van die Matzikama-gemeenskap het begin om pluimbalklubs op Lutzville en Vredendal te stig .

Oefeninge het reeds begin. Vredendal se lede het gister begin oefen en Lutzville s’n eergister. Dit is ’n eerbare daad van diegene om so baie moeite in hul vrye tyd te doen om ’n klub te stig. Ons is seker die klub sal baie suksesvol wees want dit is ’n lekker manier om fiks te bly.

MyMatzikama wens die stigters en lede van die klub sterkte toe. Ons is seker julle sal ’n reuse-sukses daarvan maak.

Bron: Marietjie Lambrechts, voorsitter van Lutzville-tennisklub.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?