Plaaslike sokkerliga het nog ’n toernooi agter die rug

Die plaaslike sokkerliga het die naweek ’n toernooi gespeel waarin sewe spanne deelgeneem het. Al die spanne is van die Lutzville -en Koekenaap area. Die spanne wat deelgeneem het is : Heroes FC – Koekenaap
Black Mambas – Lutzville
Black Aces – Lutzville
Lutzville United
Airlines – Koekenaap
Rangers – Koekenaap
Arcadian Shepherds – Lutzville

Die Rangers en Shepherds speel in hoër ligas, naamlik: Caste- en die Malva-liga. Die Aces speel ook in die Malva-liga, die res van die spanne speel net in die LGO, wat die landelike liga is. Elke span moes R300 inskrywingsfooi betaal om deel te neem aan die toernooi wat op Lutzville plaasgevind het.

Die resultate is as volg:
Heroes FC vs Arcadian Shepherds: 2-3
Airlines vs Black Mambas: 0-1
Rangers vs Black Aces: 2-0
Lutzville United vs Rangers: 1-2
Black Aces vs Lutzville United: 1-1
Heroes FC vs Airlines: 2-3
Shepherds vs Black Mambas: 2-0

Halfeindronde:
Shepherds vs Lutzville United: 3-1 met strafdoele
Rangers vs Black Mambas: telling onbekend maar Rangers wen.
Eindronde:
Rangers vs Shepherds: telling onbekend maar Rangers wen 4-1 met strafdoele.

Bron: Andries Andrew, spanbestuurder van Heroes FC.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?