Plaaslike onderwyseres doen haar deel met Spensprojek

Leana Nel, onderwyseres van Vredendal-Noord Primêr, nooi almal uit om hul deel vir die feestyd te doen. Sy bestuur ’n spensprojek vir ’n kinderhuis op Moorreesburg, Huis van Heerde.

“Huis van Heerde huisves tans 50 kinders en beleef ’n groot koskrisis,” sê Nel. Hulle akkommodeer kinders van geboorte tot en met 18 jaar oud.

Haar verbintenis met Huis van Heerde kom al van hoërskooljare af. “Dis juis hoekom die projek my so na aan die hart lê,” vertel Nel.

Om hierdie projek te ondersteun, word vrywilligers versoek om enige nie-bederfbare produkte te skenk. Skenkings kan by Leana Nel se huis, Koöperasiestraat 34 op Vredendal of by fisioterapeut Elna Esterhuyse se kantoor afgelewer word.

Organiseerders beplan om op 24 November die voorraad aan Huis van Heerde te oorhandig. So maak seker dat jy vroegtydig jou produkte koop en skenk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?