Pizza-maand

Oktober is aangewys as nasionale pizza-maand, en dit is een van die lekkerste en gewildste geregte op enige spyskaart. Pizza-maand het in Oktober 1984 begin, en is geskep deur Gerry Durnell, die uitgewer van die Pizza Today-tydskrif. Sommige mense beskou die Nasionale Pizza-maand deur verskillende soorte pizza’s of pizza-skywe te gebruik of na verskeie pizzeria’s te gaan. In die Matzikama-streek spog ons met verskillende plekke wat die lekkerste tuisgemaakte pizza kan maak.

Indien jy lus is vir ʼn smullekker pizza, kan jy gerus die volgende plekke besoek:

  • Maskam Brewing Company: Hulle bied ’n verskeidenheid pizzas op hul spyskaart wat in ’n houtvuur pizza-oond gemaak word, en jy kan ook hul craft bier saam met jou pizza geniet.
  • Margo’s-restaurant (Klawer Hotel): Volgens hulle is hul pizza die lekkerste pizza in die streek en dit is beslis die moeite werd om hul wye verskeidenheid te probeer.
  • Thi Art-restaurant: Thi Art Restaurant in die Maskam Mall is bekend vir smullekker pizzas met interessante toppings. Die pizza word ook in ’n houtvuur oond gemaak.
  • The GrapeVine-restaurant: Buiten vir al die ander heerlike opsies op hul spyskaart, spog GrapeVine op Vredendal ook met ’n verskeidenheid heerlike pizzas om van te kies.
  • Pizza World
  • Debonairs Pizza

Gaan maak ʼn draai by een van die plekke en kry jou gunsteling pizza of probeer ʼn nuwe een. Die plekke is bekend vir hulle unieke manier van pizza’s maak.

Indien jy avontuurlustig voel, kan jy altyd ook probeer om jou eie pizzas te maak deur ’n pizza-basis te koop en jou eie toppings op te sit. Met pizzas is jou opsies eindeloos!

Idees vir toppings:

  • Kaas – Jy kan ’n verskeidenheid kaas op jou pizza sit, van mozzarella tot cheddar en gouda en selfs lekkerder opsies soos feta, camembert en brie!
  • Vleis – omtrent enige soort vleis kan op ’n pizza gebruik word, gaargemaakte hoender, varkvleis (veral spek), salami, repies gaargemaakte steak, en ook opgesnyde worsies.
  • As jy baie gewaagd voel kan jy seekos op jou pizza sit, maar ons sal voorstel dat jy dit slegs doen as jy weet hoe om die seekos goed gaar te maak.
  • Ander opsies wat jy op jou pizza kan sit is pynappel, groen soetrissies, sampioene, olywe, brandrissies, gekaramaliseerde uie en knoffel.
  • Moenie van die vars kruieblare vergeet nie, dit sal jou pizza ’n vars en geurige smaak gee!
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?