Pierre van Pletzen sluit by Getroud met Rugby aan

Die akteur Pierre van Pletzen het onlangs ’n gedaanteverwisseling ondergaan vir ’n nuwe rol in die kykNET-sepie, Getroud met Rugby.

Rudo van Heerden, vervaardiger en publisiteitsbestuurder vir die sepie, het bevestig dat Pierre in dié sepie gaan verskyn.

Pierre gaan die rol van Sakkie, ’n verkoopsman wat tweedehandse motors verkoop, vertolk. Volgens Rudo verskil sy karakter van die van Oubaas in 7de Laan en selfs Manie Kraaywinkel in Phil101. Hy moes sy baard, snor én hare skeer.

“Ons wil nie te veel verklap oor sy karakter nie, omdat ons die storielyn ’n geheim wil hou,” sê Rudo. “Sy karakter gaan uit die bloute opdaag – niemand gaan dit verwag nie omdat Sakkie uit iemand se verlede te voorskyn kom.”

Pierre sal na verwagting van middel Januarie op die kassie te sien wees.

Pierre is ’n tydelike akteur met ’n vaste kontrak vir die sepie. “Hy gaan in die sepie kom en dan weer gaan, maar binnekort weer terugkom omdat hy ’n vaste kontrak met ons het,” sê Rudo.
Pierre is ook ’n lid van die musiekgroep, Harrebaard.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog nuus besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?