Pick a Rest verblyf

Pick a Rest is in Vredendal, ‘n noordelike dorpie in die Olifantsriviervallei geleë. Hier by Pick a Rest verstaan ons dat geen ander plek soos jou eie huis sal wees nie. Dus is dit is vir ons uiters belangrik dat ons B&B-ervaring jou tuis sal laat voel, maar ook iets unieks sal bied. Ons deel graag ons Weskus-gasvryheid met al ons gaste.

 

Ons het 3 individueel versierde en ruim suites met of ‘n koningingrootte-bed, 2 driekwartbeddens of ‘n dubbelbed. Elke en suite-kamer is toegerus met ‘n bad en stort, lugversorging, verwarmer, TV met satellietkanale en koffie- en teemaakgeriewe. Die gastehuisgeriewe sluit gratis WiFi en ‘n wasgoeddiens is teen ‘n ekstra tarief beskikbaar.

 

Vredendal is ‘n relatief moderne dorp in die groenstrook van die Olifantsriviervallei wat grens aan die suidelike punt van die Namakwaland, die noordelike deel van die Boland en wat deel vorm van die Weskus. Daar is ‘n verskeidenheid restaurante naby en te danke aan die verskeie toeristebesienswaardighede is die dorp reg deur die jaar ‘n toeristebestemming.
Bron: lekkeslaap.co.za, Pick a Rest

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?