Parkrun op Vredendal

Die eerste parkrun by Parc de Lausanne op Vredendal word op Saterdag, 28 Oktober aangebied. Verrigtinge begin Saterdagoggend om 07:00 en Bruce Fordyce, die Comrades King, open die dag se verrigtinge.

Volgens Kobus Uys, organiseerder van die parkrun, word dit gratis oor vyf kilometer aangebied. Deelnemers kan stap of draf. Parkrun word reeds by 121 bestemmings regoor Suid-Afrika aangebied en die aantal neem voortdurend toe.

“Ons volg ’n roete deur die wingerde en al wat deelnemers moet doen, is om na ons webblad te gaan en daar deur die inligting te lees en te registreer. Registrasie is gratis. Jy moet ook jou strepieskode (barcode) uitdruk en by jou hê wanneer jy deelneem. Jou besonderhede word by die eindpunt geskandeer,” sê Uys

Uys voeg ook by dat daar geen afsnytyd is nie, so deelnemers is welkom om met ’n baba in ’n stootwaentjie, of met ’n hond aan ’n leiband te stap. Alle ouderdomme is welkom.

“Jy sal later deur die dag ’n SMS ontvang met jou tyd en jou posisie, wat ook op ons webblad verskyn,” sê Uys.

Om in skryf, besoek Vredendal Parkrun by www.parkrun.co.za/vredendal of vir meer inligting, kontak Kobus Uys by 082 852 7582.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?