Parent Wellness Day

Op 1 April vind Parent Wellness Day by Vredendal se sportterrein plaas. Hierdie dag word deur die sosiale ontwikkelingsvereniging aangebied en die doel is om vroue ’n bietjie te bederf en goed oor hulself te laat voel.

Besoekers aan die dag sal rustig kan verkeer met interessante geselskap en skemerkelkies en peuselhappies tot hul beskikking. Kaartjies is R120 en sluit ook verskeie demonstrasies in – ’n manikuur, ’n pedikuur, masserings, haarprodukte asook fopdrankies. Spesiale pakkette is ook beskikbaar asook geskenkbewys.

Die kleretema van die dag is ligblou en wit, so tof jouself gerus op en gaan bederf jouself. Verdere navrae kan gedoen word by Jennifer 079 974 5614. Koop ’n kaartjie en kom geniet die ontspanning.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?