Paiter’s Grill se restaurant en gastehuis

Paiter’s Grill-restaurant en gastehuis is ideaal geleë op Vanrhynsdorp op die R27, die roete tussen Namibië en Kaapstad. Dis in ’n rustige omgewing van Vanrhynsdorp, vanwaar jy die Namakwaland en Weskus kan verken met ’n verskeidenheid toeriste-aantreklikhede.

Hier kan jy luukse verblyf teen bekostigbare pryse geniet, hetsy vir sake, plesier of ontspanning of om net vir die dag as ’n wegbreek in Paiter’s Grill se restaurant kom eet en hul ongelooflike geregte ervaar.

 

Besoek gerus hul website vir meer inligting rakende verblyf www.clearwateroasis.co.za
Bederf jouself of die hele gesin en kom geniet ’n rustige wegbreek in die Matzikama-omgewing.

 

As jy Vrydagaand iets wil gaan eet kan jy van 18:00 tot 23:00 een van hul heerlike geregte gaan geniet en op Sondag is dit van 11:30 tot 15:00. Gaste is meer as welkom om hul eie wyn saam te bring en ’n kurkfooi te betaal, maar ongelukkig geen ander drank en koeldrank nie. Dit sal by die restaurant beskikbaar wees.

 

Daar is swemgeriewe asook ’n jaccuzi (geen kinders jonger as agttien) beskikbaar slegs vir restaurant en verblyfgaste.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?