Paaseier-insameling vir Huis van Heerde

Die Paasmark wat hierdie Paasnaweek by Steenbokfontein naby Lambertsbaai plaasvind, is nie net ’n fondsinsameling vir Laerskool Lambertsbaai nie, maar daar gaan ook ’n Paaseierhouer wees. Die doel van hierdie eierhouer is om soveel moontlik Paaseiers in te samel vir Huis van Heerde op Moorreesburg. Die sangroep, Dans Frikkie Dans, het aan hierdie idee gedink en hulle vra dat almal dit asseblief sal ondersteun en ’n bydrae sal maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?