Oorwin artritis

Die primêre verskil tussen rumatoïede artritis (RA) en osteo-artritis (OA) is die oorsaak agter die gewrig-simptome. RA is ’n outo-immune siekte waar die liggaam se immuunstelsel aanval terwyl OA veroorsaak word deur oorgebruik (degenerasie) en meganiese ‘slytasie’ van spesifieke gewrigte. Sekere tipes werk en sport wat herhalende bewegings behels kan ook lei tot ontwikkeling van OA.

Die hoof risikofaktore wat RA veroorsaak kan geneties van aard wees, omgewing of hormonaal verwant asook sekere leefstyl faktore soos rook en vetsug wat ’n rol kan speel.

Anro-Mari Cohen, fisioterapeut by AMC Fisioterapeute op Vredendal vertel oor die verskil en sipmtome van rumatoïede artritis en osteo-artritis:

Rumatoïede artritis (RA):

  • Inflammatoriese siekte
  • Tas liggaamstelsels aan
  • Vinnige aanvang van siekte
  • Vroue kry dit meer as mans
  • Veelvoudige gewrigte word aangetas met simmetriese simptome (beide kante van die liggaam word dieselfde affekteer) (meestal pols- en handgewrigte)

Osteo-artritis (OA):

  • Veranderinge in gewrigte as gevolg van oorgebruik en ouderdom (wear and tear)
  • Gewoonlik net een kant, gewrig of area van jou liggaam
  • Groot gewrigte word affekteer (heup, knie, nek, hande)
  • Ouer mense (50-60 jaar oud)

Simptome van rumatoïede artritis:

  • Konstante pyn met rus
  • Vererger met aktiwiteit
  • Oggendstyfheid wat langer as 30min duur
  • Teerheid
  • Swelling
  • Rooiheid
  • Styfheid
  • Deformiteite

Simptome van osteo-artritis:

  • Pyn word beter met rus
  • Vererger met aktiwiteit
  • Oggendstyfheid wat minder as 30min duur
  • Spierswakheid
  • Gewrigs-onstabiliteit

Wat kan jy doen om jouself te help?

  1.  Rus
  2.  Sit ys op om pyn en inflammasie te verminder:
  • Gebruik ’n sak gevriesde groente of ys wat toegedraai is in ’n handdoek
  • Los die ys op pynlike gewrig vir 5 tot 10 minute
  1.  Elevasie (verminder swelling):
  • Plaas jou arm of been op kussings sodat dit hoër as jou hart is
  • Doen dit 3 keer per dag vir plus minus 20min (wanneer dit geswel is)
  • Beweeg die gewrigte bo en onder die pynlike gewrig
  1.  Medikasie (soos deur dokter voorgeskryf)
  2.  Hitte (verminder pyn en styfheid):
  • Moenie dit gebruik vir gewrigte wat geswel of rooi is nie – dit kan veroorsaak dat dit opvlam.
  • Hou op pynlike gewrig vir 10minute, soos nodig
  1.  Pace jouself:
  • Stel jouself in om gereeld ruskanse te neem
  1.  Vermy aktiwiteite wat pyn veroorsaak
  2.  Begin oefen;
  • Help om jou gewrigte los en soepel te maak, hou jou gewrigte binne-in ‘glad’
  • Versterk jou spiere
  1.  Kry ekstra hulp by dokters (medikasie) of terapeute (oefeninge, hulpmiddels, opvoeding                   t.o.v. gewrigsbesparing).
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?