Onwettige swem

Na aanleiding van die droogte en ernstige waterskaarste wat heers, is alle munisipale swembaddens gesluit en sal dit ook voortgaan vir ’n onbepaalde tyd (ook oor die feestyd).

Volgens Elizna Mouton, skakelbeampte by die Matzikama-munisipaliteit, is die gevolg dat persone, skoolgaande en/of nie-skoolgaande, hulself wend na die LORWUA-kanaal asook die rouwaterdamme by munisipale persele in die onderskeie dorpe.

“Toegang word onwettig verkry deur bestaande openinge in die omheining of deur die omheining te vandaliseer. ’n Dringende beroep word op u gedoen om die publiek (kinders) in te lig oor die gevare van hierdie onverantwoordelike optrede wat lei na verdrinkings asook gesondheidsprobleme aangesien die water nie behandel is nie,” sê Mouton.

Mouton voeg ook by dat die munisipale raad die publiek wil bedank vir hul samewerking met betrekking tot die spaar van water. Die publiek se samewerking in die verband word opreg waardeer.

Indien jy bewus is van enige onwettige betreding, rapporteer by 027 201 3401.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?