Onse Kaia-skenkings

Onse Kaia, wat geleë is op Vredendal-Noord, is ʼn sentrum wat voorsiening maak vir al die hawelose persone in die Matzikama-streek.

Ons is tans in die winterseisoen en die weer is baie koud. Baie mense bevind hulself in ʼn situasie waar hulle nie ’n dak oor hul kop het nie en dit is dan wanneer hulle by Onse Kaia aanklop vir skuiling.

Volgens Quinton Koopman, organiseerder by Onse Kaia, beskik die sentrum oor 40 beddens en daar is tans 30 inwoners.

“Enigiemand wat dalk ʼn skenking wil maak en sy medemens wil uithelp met warm winterkomberse, klere en warm sokkies, is meer as welkom Onse Kaia te besoek,” sê Koopman.

Vir meer inligting kontak Quinton Koopman by 078 188 6910

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?