Ondersteun plaaslik en help ekonomie

Koop plaaslike produkte en help die ekonomie, vra dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid. Dis nou die tyd vir die regering, maatskappye en verbruikers om eg Suid-Afrikaanse produkte heelhartig te ondersteun.

Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, sê die regering besef die ondersteuning en bevordering van plaaslike goedere en sake kan tot grootskaalse werkskepping lei. Davies is ’n spreker by die Trots Suid-Afrikaans-konferensie wat vandeesweek by die Sandton-konferensiesentrum plaasvind.

Davies sê strategieë om plaaslike vervaardiging te ondersteun met ’n hernieude poging om goedere op die plaaslike mark te bekom, word tans ontwikkeling. “Die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie het ’n regstreekse impak op werkskepping, wat bevorder sal word deur die keuse om plaaslike produkte te ondersteun. Deur produkte te koop wat plaaslik gekweek, produseer of vervaardig is, óf plaaslik verskafde dienste te ondersteun, word ’n bydrae gemaak tot ekonomiese groei en werkskepping,” sê Davies.

Dié beroep kom te midde van versugtings deur die hoenderbedryf dat die Departement van Handel en Nywerheid plaaslike produsente teen hoenderstorting uit ander markte moet beskerm. Davies sê oortuigende inisiatiewe is nodig om die privaatsektor te oortuig om plaaslike vervaardiging te ondersteun, aangesien groot maatskappye ’n belangrike bydrae kan maak vanweë groot begrotings vir die aankoop van dienste en goedere.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?