Instandhouding van die Clanwilliamdam

Die damvlakinhoud van die Clanwilliam is tans 57.25%, en met die oestyd wat pas begin het, is dit nou spitstyd vir watergebruik op landerye.

Water moet bespaar word, veral nou in die somer. Hier volg ’n paar maniere om water spaarsamig te gebruik:

1)Moenie die kraan oophou terwyl jy tande borsel nie; so kan tot 6 liter water per minuut bespaar word.
2)Vergeet van lang storte – 6 tot 45 liter water per minuut kan so bespaar word.
3)Kook net soveel water in die ketel as wat jy op ’n keer nodig het.
4)Moenie jou wasmasjien of skottelgoedwasser gebruik as dit nie ’n volle lading het nie.
5)Herstel druppende krane. ’n Druppende kraan kan 15 liter water per dag, of sowat 5 500 liter water per jaar vermors.
6 Plaas ’n “waterverplasingstoestel” in jou toiletbak – selfs ’n baksteen of ’n plastiekbottel met water gevul – om water te bespaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?