Omgeefees op Clanwilliam

Van Vrydag, 27 Oktober tot Sondag, 29 Oktober sal daar ’n omgeefees by die Jan Mostert-park op Clanwilliam gehou word.

Vrydag se verrigtinge sal om 19:00 begin, Saterdag se verrigtinge sal die oggend om 06:30 begin en Sondag se verrigtinge begin om 09:00.

Daar sal die Saterdag pretdraf- en staproetes wees en die inskrywings vir die roetes begin om 06:30 en die roetes is as volg:

07:00 begin die 30 km roete – R80
07:00 begin die 25 km roete – R70
07:10 begin die 10 km roete – R60
07:15 begin die 5 km roete – R20

Op Sondag gaan daar ’n omgeefees-dankdiens wees wat om 09:00 by die NG kerk op Clanwilliam sal plaasvind en ds. Hennie Burden van Velddrif sal die diens waarneem.

Vir meer inligting oor die omgeefees kontak Daphne by 027 482 1231.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?