Oeskoorsfees ’n reuse-sukses

Die Oeskoorsfees wat Saterdag by Teubes-wyne plaasgevind het, was ’n reuse-sukses. Daar was ongeveer ’n duisend mense wat hierdie unieke fees bygewoon het. Die mense het hulle terdeë geniet en boonop het die weer saamgespeel vir ’n lieflike dag.

Die kunstenaars wat opgetree het, het die mense lekker vermaak met die liedjies wat gesing is en die lekker geselligheid daarna. Die kos was heerlik, die mense was vriendelik en die atmosfeer was ongelooflik. Baie dankie aan Teubes-wyne dat julle hierdie dag moontlik gemaak het en baie geluk dat dit só ’n sukses was.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?