Oasis Country Lodge

Oasis Country Lodge is gerieflik geleë op die N7-hoofweg tussen Kaapstad en Namibië. Dit is die perfekte oornagplek vir beide sakereisigers en vakansiegangers. Die lodge is omring deur die Maskam-berge en bied ’n rustige oase met luukse verblyf met lugversorging.

 

Die gebou was oorspronklik die eerste skool op Klawer, maar is deur die huidige eienaars gekoop en lieflik opgeknap. Die pragtige houtvloere in die klaskamers, wat nou as luukse gastekamers dien, het ook behoue gebly. Talle verbeterings is op die terrein aangebring, waaronder ’n mooi kampeerterrein en woonwapark in die pragtige tuin.

Die gastehuis bied ruim konferensiegeriewe met lugversorging, volledig toegerus vir tot 80 afgevaardigdes. Spyseniering is op aanvraag beskikbaar. Die speelkamer het ’n pooltafel, vingerbord, veerpyltjiebord, ’n kaarttafel, DStv en ’n sitarea. Daar is binne- en buite braaigeriewe in die pragtige tuin. Koffie- en teemaakgeriewe word dag en nag in die gang aangebied. WiFi is op die perseel beskikbaar.

 

Pragtige onthaalareas is oor die perseel versprei en gaste kan heerlik braai saam met vriende of familie. Die gastehuis bied ’n enorme swembad met ’n besonderse lapa-area waar jy op ’n warm somersdag kan ontspan en die rustigheid geniet. Swemhanddoeke word ook voorsien vir gebruik by die swembad.

 

Daar is ’n hele aantal plaasdiere en voëls wat straks kan inloer tydens besoekers se verblyf by die lodge. Geen troeteldiere word toegelaat nie.

 

Bron: Lekkeslaap.co.za – Oasis Country Lodge

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?