Nuwe plaag in die area maak boere bekommerd

Die Tomato Leafminer-mot is ’n nuwe pes in die omgewing en dit is beslis nie goeie nuus vir boere nie. Hierdie spesie mot kom oorspronklik van Suid-Amerika en dit fokus meestal op tamaties. Dit kom ook voor by aartappels, maar meer dikwels by tamaties. Daar is ook gevalle aamgemeld, hoewel uiters skaars, dat die motte ook boontjies en blaarslaai-kultivars aanval en doodmaak.

Die volgroeide motte lê hul eiers op die plant of die blare van die gewas. Dit is ook moontlik dat hulle die eiers binne-in die gewas self kan lê, byvoorbeeld binne-in die tamatievrug. Die eiers neem tussen vier en vyf dae om uit te broei, maar dit neem wel langer as temperature laag is.

As die eiers op die blare gelê is, eet die larwes die blare aan die binnekant. Hulle vreet deur tot op die stam van die plant, wat die hele plant laat vrek. As die eiers binne die gewas gelê is, vreet die larwes die gewas van binne af en laat elke vrug vrek. Jy kan die plaag identifiseer deur te kyk of daar gate in die gewas self is. Indien daar wel gate is, moet jy dadelik die plante spuit met die inentingstof wat die larwes vernietig. As jy nie die regte siklusse spuit nie, en te veel van een siklus, bou die Tomato Leafminer-mot asook die eiers en larwe weerstand op.

Indien jy bekommerd is of verwag dat jou gewasse slagoffers kan wees, kontak dadelik vir Syngenta in Lutzville by : 027 217 2327

Bron: Oubaas Kersop, Syngenta.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?