Nuwe leierskap vir NWKV in KZN

Othard Klingenberg (regs) en Francois du Plessis Jnr (links)

Nuwe bestuur is tydens ‘n onlangse vergadering van die KwaZulu-Natalse tak van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) verkies. Othard Klingenberg van die Luneburg-distrik is as die nuwe voorsitter van dié provinsiale tak verkies. Die vorige voorsitter Francois du Plessis, sal steeds op die bestuur dien, maar het homself nie weer as voorsitter verkiesbaar gestel het nie. Francois du Plessis Jnr. is tot visevoorsitter verkies.

Bom Louw, NWKV se produksie-adviseur in Harrismith, herinner dat hy, in samewerking met die bestuur verbind is tot aksies wat die lewensvatbaarheid van wolboere in KZN sal verseker. KZN is die kleinste wolproduserende provinsie in Suid-Afrika en bedreigings soos grondhervorming, veediefstal en predasie is van die faktore wat wolproduksie in die provinsie bedreig. -Persverklaring.

 

Bron : http://agriorbit.com/nuwe-leierskap-vir-nwkv-kzn/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?