Wêreld Brailledag

Wêreld Brailledag word elke jaar op 4 Januarie gevier. Die doel van die dag is om belangrikheid van braille onder die aandag van die gemeenskap en veral onder blinde persone te bring.

Louis Braille, uitvinder van die Braille-skryf, is op hierdie dag gebore. Danksy Louis Braille is dit moontlik dat baie meer blinde en gesiggestremde persone regoor die wêreld nou toegang het tot om te kommunikeer deur middel van Braille-skrif.

Louis het sy gesig verloor as gevolg van ’n ongeluk en jare na die ongeluk het hy ’n stelsel ontwerp en ontwikkel sodat dit vir hom moontlik kan wees om te lees en skryf met die gevoel van aanraking (Braille-skrif).

Louis Braille het op 6 Januarie 1853 op die ouderdom van 43 gesterf en twee jaar na sy dood is Braille amptelik erken as volwaardige lees- en skryftaal vir blinde persone.

Elke jaar op 4 Januarie word die belangrikheid van Braille regoor die wêreld herdenk. Braille-skrif maak die moontlik vir blinde- en gesigstremde persone om te kan lees en skryf.

Vir baie persone wat blind is, is dit moeilik om nie te kan lees en skryf nie, maar met die Braille-skrifwat ontdek is kan gesigstremde en blindepersone maklik leer skryf en lees. Die kennis van Braille-skrif is baie belangrik vir enigiemand wat sy sig verloor het.

Wat doen jy vir Wêreld Brailledag? Deel jou storie met ons deur vir ons ’n Facebook-boodskap te stuur of ’n e-pos na mymatzikama@lumico.co.za. Jou bydrae vir Wêreld Brailledag kan ’n groot verskil maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?