Wees Luidrugtig in Kleur en gee Hoop!

“Dit is tyd om Luidrugtig te raak in Kleur om so Hoop te gee deur planne te maak vir KANSA  Shavathon 2018,” sê die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa).

Kansa se jaarlikse Shavathon het die kleinood geword van Suid-Afrikaanse fondsinsameling-veldtogte ter ondersteuning van ’n waardige saak. In 2018 sal Shavathon vir die 15de agtereenvolgende jaar in winkelsentrums regoor die land aangebied word op 24 en 25 Februarie (http://www.shavathon.org.za/participating-shopping-centres/ en by werksplekke van 26 Februarie tot 2 Maart. Nie net het die skeer en sproei van hare ’n simboliese betekenis geword ter ondersteuning van kankerpasiënte en kankeroorwinnaars nie, maar dit verminder ook die spanning van mense wat hulle hare verloor het tydens die behandeling van kanker.

Terwyl kanker gewoonlik nie self verantwoordelik is vir haarverlies nie, veroorsaak chemoterapie en sekere bestraling haarverlies hoofsaaklik op die kop van kankerpasiënte. Maar met Shavathon doen Kansa ’n beroep op mense om tot aksie oor te gaan en om “Luidrugtig te Raak in Kleur om Hoop te bied”. Deelnemers kan hulle hare skeer, spuit of doodeenvoudig geld skenk deur ’n borgtog-fooi aanlyn te betaal. Besoek die webwerf:  www.shavathon.org.za.  

Solidariteit vir kankerpasiënte en kankeroorwinnaars kan getoon word deur volwassenes wat R50 en kinders jonger as 12 wat R25 betaal om hul hare te laat skeer of sproei. As deel van die 2018 veldtog kan mense wat hul hare skeer of laat spuit het, ook een van ’n beperkte hoeveelheid Shavathon-spelde ter herdenking vir R5 koop om hul vir altyd te herinner aan hul ondersteuning van ’n waardige saak. ’n Aanspeld-kenteken, wat spesiaal ontwerp is en waarvan slegs ’n beperkte hoeveelheid beskikbaar is, word gratis gegee aan diegene wat poniesterte met hare van 25 cm in lengte of langer aan Kansa skenk.

Verskuil agter Shavathon se kleurvolle en luidrugtige skouspel lê die wrede realiteit van hierdie verskriklike siekte. ’n Onlangse studie wat gepubliseer is deur ’n mediese joernaal, Lancet, voorspel dat Suid-Afrika ’n toename van 78% van kankergevalle teen 2030 kan verwag.

Maria Scholtz, Kansa se hoof van volhoubaarheid, sê:

“As jou werksplek, skool of organisasie ’n Shavathon wil reël en aanbied, registreer asseblief by ons op shavathon.org.za. Kanker raak elke mens op die een of ander manier en die betrokkenheid met die insameling van fondse bied aan deelnemers die geleentheid om te help om ’n verskil te maak. Jy kan ons help om voort te gaan om programme oor sorg en ondersteuning aan kankerpasiënte en hul geliefdes te voorsien sowel as om ondersteuningsgroepe te stig en by te staan. Hoewel dit vir baie van ons nog nie nodig was om aan te pas by ’n persoonlike diagnose van kanker in ons lewe nie, beteken dit nie dat ons nooit persoonlik geraak sal word deur die verwoesting wat kanker saai nie”.

Scholtz voeg by:

“Kansa verskaf ook opvoedkundige materiaal wat inligting bied oor hoe om die risiko van kanker te verminder en help om toegang te bied tot die vroeë opsporing van kanker. Ons Kansa sorg sentrums bied ‘n wye verskeidenheid van ondersteuning aan kankerpasiënte, hulle gesinne en geliefdes en aan almal wat meer oor die siekte wil weet”.

Die jaarlikse shavathon vind plaas op Saterdag, 24 Februarie van 09:00 tot 15:00 by die Maskam Mall op Vredendal. Maak seker dat jy hierdie geleentheid bywoon en deel wees van die Kansa Shavathon.

Besoek www.cansa.org.za of www.shavathon.org.za, kontak die naaste Kansa-sorgsentrum, skakel Kansa tolvry 0800 22 66 22 of stuur ’n epos aan: info@cansa.org.za. Kansa bied veeltalige ondersteuning aan op Whatsapp: 0721979305 vir Engels en Afrikaans en 0718673530 vir Xhosa, Zulu, Sotho en Siswati. Volg Kansa op Twitter: @CANSA (http://www.twitter.com/CANSA), sluit aan by Kansa op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa en volg Kansa op Instagram: @cancerassociationofsouthafrica

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?