Waterprobleme by hospitaal gou opgelos

Die Matzikama plaaslike munispaliteit het op Woensdag, 17 Mei, die waterdruk vir Vredendal sodanig verlaag dat daar feitlik geen watertoevoer na geboue op die dorp was nie. Vredendal se distrikshospitaal het ’n watertenk wat sowat 12 000 liter kapasiteit en het as gevolg van die lae druk en die feit dat die tenk op ’n watertoring staan nie weer volgeloop sedert Woensdag nie.

Die hospitaal het egter vir drie dae nog water (van die tenk af) gehad voordat dit teen einde verlede week sonder water was. Dr. van Dyk, bestuurder van mediese dienste het die munisipale bestuurder gekontak en versoek dat die waterdruk verhoog word ten einde toevoer na die hospitaal se tenk te herstel. Die waterdruk is hierna wel verhoog en geen watertekorte is sedertdien ondervind nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?