Waterbeperkings weer in Matzikama se midde

Die Clanwilliamdam se watervlak is vinnig besig om te daal. Gevolglik word Matzikama-inwoners gemaan om voortaan voorsorgmaatreëls te tref en water spaarsamig te gebruik.

Die volgende maatreëls is dus onmiddelik van toepassing op Matzikama-inwoners wanneer te veel water per huishouding gebruik word. Alle watergebruik bo 60kl per residensiële huishouding of besigheid per maand sal voortaan beboet word vanaf Februarie 2019. Die boete vir huishoudings beloop R40/kl wanneer dit bo 60kl is. Boete vir besighede is R20/kl wanneer dit bo 60kl is. Inwoners kan gevalle van watermisbruik en watervermorsing by die munisipaliteit rapporteer by 027 201 3404.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?