Vyf internasionale musieksterre wat in die eerste helfte van 2018 na SA toer

2018 het pas afgeskop en dit gaan ’n besige jaar wees vir musiekliefhebbers.

Om jou lewe gemakliker te maak het ons ’n lys van vyf internasionale sterre wat in die eerste helfte van die nuwe jaar ’n draai in Suid-Afrika gaan maak.

Daar is bietjie folk, rock en self ’n kitaarspeler van formaat.

Hier’s die vyf internasionale sterre wat binnekort in SA gaan wees:

Angus & Julia Stone: youtu.be/N9_5_Ee2sUs

Op Donderdag, 25 Januarie 2018, gaan dié talentvolle broer-en-susterduo by die Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad optree. Hulle is ook op Saterdag, 27 Januarie 2018 te sien by die Parklife Festival in Johannesburg en sluit hul toer af by die Parklife Festival in Durban op Sondag, 28 Januarie 2018.

Crash Test Dummies: youtu.be/GaUqpnHvua8

Die konsertagentskap, Melos, het in 2017 aangekondig dat die Kanadese rockers, Crash Test Dummies, in Februarie 2018 in SA sal toer. Dié groep sal in Kaapstad wees op Saterdag, 17 Februarie 2018 by Hillcrest Quarry in Durbanville en dan op Sondag, 18 Februarie 2018 by die Pretoria Nasionale Botaniese tuin in Pretoria.

Incubus: youtu.be/8295rOMvtQI

Die Amerikaanse rock-groep, Incubus, gaan vir die eerste in in 2018 in Suid-Afrika te sien wees. Hulle sal op 24 Februarie by die Voortrekker Monument in Pretoria wees en dan op 28 Februarie by die Grand Arena, GrandWest in Kaapstad.

Santana: youtu.be/6Whgn_iE5uc

Santana is 11 April 2018 in Kaapstad by die Kaapstad-stadium te sien en sal dan op 13 en 14 April by die Ticketpro Dome in Johannesburg wees. Spesiale gaste sluit plaaslike Mango Groove in.

The Script: youtu.be/MzCLLHscMOw?list=PLv-Exq9d7jl4EEqg5Qf6QIbkd7U62_8Tx

The Script keer terug na Suid-Afrika in 2018 om hul jongste album, Freedom Child te bemark. Dié geleentheid – deur Big Concerts – sal plaasvind op 2 Mei 2018 by die Grand Arena, GrandWest in Kaapstad, gevolg deur die Sun Arena van Time Square op 4 Mei 2018.

Berig verskaf deur sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?