VSS leerder hou Weskus se naam hoog by Expo in Boksburg

Lucreacia Beukes, graad 10-leerder van Vredendal Sekondêre Skool, het die Weskus-streek teenwoordig by die National Expo for Young Scientists wat van 2 tot 5 Oktober by Birchwood in Boksburg plaasgevind het.

Die doel van die projek was om ’n omgewingsvriendelike mis-vanger (fog catcher) van herwinde materiaal te maak wat gedurende die winter vog opvang. Die toestel gaar water op wat vir huishoudelike en landboudoeleindes – veral in semi-droë areas soos Vredendal – gebruik kan word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?