Vroue-Landbouvereniging vergader

Die Vroue-Landbouvereniging, geleë op Vredendal, hou op Donderdag, 22 Junie, ʼn vergadering by die NG Moedergemeente Kerksaal op Vredendal. Dit sal om 09:30 begin. Ná die vergadering klaar en die vroue die belangrike punte soos gesondheid, humoristiese voorlesings en demonstrasies bespreek het, gaan hulle kyk na die produkte wat sover ingesamel is. Die produkte gaan by Vergenoeg Primêr op Vredendal-Noord afgelaai word. Daar word ook gevra dat lede nog produkte saam moet bring.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?