Vredendaller opgeneem in internasionale netbalspan in Nieu-Seeland

Karin Burger, oud-leerder van Hoërskool Vredendal, is onlangs opgeneem in Nieu-Seeland se International Silver Ferns-netbalspan. Die geleentheid in ’n droom wat waargeword het. Karin het so te sê langs die netbalbaan grootgeword, want haar ma was self ’n netbalspeler en het netbal afgerig by Hoërskool Lutzville.

Karin is die geleentheid gebied om haar oorbruggingsjaar na skool in Nieu-Seeland te doen met die visie en missie sterk op netbal gefokus. Wat net ’n jaar sou wees, het toe sewe geword. Om nóú op internasionale vlak so vroeg in haar loopbaan te speel, voel nog vir Karin soos ’n onwerklikheid. Die vertroude en veelsydige sportvrou speel as verdedigende vleuel en soms hulpverdediger.

Karin speel nie net vir die International Silver Ferns nie, maar is ook ’n spanmaat van die Domestically Pulse. Dié span dra sy ook na aan haar hart omdat hulle goed saamwerk as ’n dinamiese groep. Die International Silver Ferns gaan hul eerste internasionale wedstryd op 15 September teen Engeland, in Auckland speel. Haar raad aan jongmense wat hul passie wil volg, is om ’n duidelike doel te stel en hard te werk en pynlike beplanning te doen om dit ’n realiteit te maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?