Vredendal Tehuis vir Bejaardes

Die lede en inwoners van die Vredendal Tehuis vir Bejaardes het op Vrydag, 18 Augustus om 9:00 ’n pannekoekverkoping by Vredendal Spar gehou as deel van die fondsinsameling vir hul jaarlikse basaar wat op 25 en 26 Augustus plaasvind.

Volgens Carla Booysen, sekretaresse van die Vredendal Tehuis vir Bejaardes, het die span altesaam R7 737 ingesamel tydens die pannekoekverkoping.

“Vredendal Spar het vir ons die deeg gemaak en ook die perseel vir ons beskikbaar gestel om die verkope daar te hou,” sê Booysen.

Booysen voeg ook by dat die inwoners van die tehuis die pannekoeke self gemaak en verkoop het en dat hulle dankbaar is vir sulke goedhartige mense wat die dag moontlik gemaak het.

“Ons vra die Matzikama-streek om ons ook te ondersteun tydens ons jaarlikse basaar wat op Vrydag, 25 Augustus en Saterdag, 26 Augustus by die Tehuis plaasvind,” sê Booysen.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?