Vredendal-tehuis ontvang skenking

Op Maandag, 8 Mei, het Vredendal-tehuis ’n skenking ontvang van Sosiale Ontwikkeling in die vorm van beddegoed en kamerjasse. Robyn Friester en Banzi Dikeni het al die pad uit Kaapstad gekom om hierdie skenking aan die tehuis te oorhandig. Saam met hulle is Anina Jacobs (bestuurder), Pam De Kock (koördineerder) en Carla Booysen (sekretaresse). Die inwoners en personeel van die tehuis sê uit die diepte van hulle harte dankie.
Bron: Vredendal se tehuis, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?