Vredendal se tehuis hou fondsinsameling

Die inwoners van Vredendal se tehuis vir bejaardes het op Maandag, 3 Julie, ʼn basaar-tafel opgerig om geld in te samel vir hul groot basaar later vanjaar. Die tafel is in hul voorportaal opgerig en daar is verskeie lekkernye verkoop. Die tehuis se groot basaar vind op Saterdag 26 Augustus plaas. Die tehuis se inwoners maan nou al die lede van die gemeenskap om die datum in hul dagboek neer te pen.

Vredendal se tehuis het ook al verskeie skenkings vir die basaar van plaaslike ondernemings soos Build It en De Jagers ontvang. As jy graag betrokke wil raak of ʼn bydrae wil maak, kontak gerus die tehuis by 027 213 3040.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?