Vredendal Moedergemeente se Sondagbyeenkoms

Vredendal Moedergemeente is die afgelope tyd met ’n reeks in die gemeente besig rondom geloofsgewoontes. Twee gewoontes wat vir hulle uitstaan, is om as kinders van die Here in ons alledaagse lewe mense te gaan seën en om gasvryheid aan mense te betoon. Vredendal Moedergemeente is uitgedaag om veral aan sogenaamde vreemdelinge/randfigure goedheid en gasvryheid te betoon.

Op Sondag, 28 Mei, wil hulle probeer om saam met die Wes-gemeente ’n Sondag te hou waar soveel as moontlik mense genooi kan word om die spesiale erediens by te woon. Dink aan mense in jou vriendekring, jou kollegas of ander vreemdelinge wat nie gewoonlik ’n erediens bywoon nie. Nooi hulle om saam met jou en jou gesin die erediens by ons te kom bywoon en spreek sommer af om saam te sit. Vredendal se Moedergemeente wil graag mense seën en met gasvryheid ’n verskil maak in mense se lewens. Die doel is om 1000 mense by die erediens te kry.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?