Vier só Welwillendheidsdag en maak ’n verskil

Welwillendheidsdag, oftewel Tweede Kersdag, val jaarliks op 26 Desember. Hierdie dag staan in meeste Europese lande bekend as “Boxing Day.”

Die naam “Boxing Day” is vanweë ’n ou Europese gebruik waar werkgewers Kersfeesbokse aan hul werknemers geskenk het. Vandag beklemtoon dit die omgee, liefde en teruggee aan ander wat op Kersdag gevier word.

Meeste Suid-Afrikaners gebruik deesdae Welwillendheidsdag as ’n tweede braaidag, rusdag of net ’n dag om ’n uitstappie saam met familie of vriende te neem.

Hoe kan jy Welwillendheidsdag vanjaar op ’n beter manier gedenk?

Hoewel jy nie geskenke aan mense hoef te gee nie, is daar ander maniere om terug te gee aan familie, vriende en die gemeenskap.

Raak betrokke by gemeenskapsorganisasies soos die Olifantsriviervereniging vir Persone met Gestremdhede op Vredendal, jou plaaslike dierebeskermingsvereniging, ’n sentrum vir haweloses soos Onse Kaia op Vredendal-Noord, by jou plaaslike tehuis vir bejaardes of by die hospitaal.

Jy kan ook hulp aanbied by familie-etes, al is dit net om skottelgoed te was of toesig te hou oor kinders wat buite speel.

Jy kan selfs ’n boomplant-aksie reël of ’n area in jou dorp kies om skoon te maak. Op so ’n manier verminder jy ook jou koolstofvoetspoor. Jy kan ook glas-items herwin en inkopiesakkies hergebruik.

Jy kan ook aansluit by die Orgaanskenkers Organisasie om wel eendag iemand anders te help in nood.

Kerke soek gewoonlik ou klere en nie bederfbare produkte om te aan minderbevooregte lede van die gemeenskap te skenk. Pak jou kas uit en kyk na ou klere en items wat jy nie meer dra of gebruik nie. Jy kan selfs ou skoene ook skenk.

Die leerders wat hierdie jaar matrikuleer het, kan ou skool-uniforms en skoolskoene ook aan die kerk of aan die skool skenk.

Gevoelens van deernis en waardering ontwaak wanneer jy teruggee. Dit versterk ook gemeenskappe en moedig so ook ander aan om hul deel te doen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?