VGK Vredendalgemeente-funksie

Op Saterdag, 1 Julie, gaan die gemeente van die Verenigde Gereformeerde Kerk op Vredendal ʼn heerlike hoenderbraaibord-verkope hou. Hierdie gemeentefunksie gaan plaasvind by VGK se kerksaal en die braaiborde word teen R50 per bord verkoop. Kaartjies is beskibaar by die verskillende wyk-ouderlinge en diakens. Die gemeente sal die Saterdagoggend vroeg begin met die voorbereidings van die braaiborde. Die braaiborde is van 13:00 beskikbaar by die VGK se kerksaal. Maak seker jy doen jou deel en ondersteun die gemeente van die VGK. Hulle sal sorg dat jou maag behoorlik gevul word met hierdie smullekker ete wat hulle gaan voorberei.

 

Bron: VGK Vredendal, Facebookblad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?