VGK Vredendal se wyke hou heerlike potjiekosdag

Op Saterdag, 22 April, hou wyke 21-28 van die VGK Vredendal-Noord ’n heerlike potjiekosdag. Die verrigtinge vind plaas by die kerksaal en dit begin om 12:00. Die prys van die potjiekos is R40 per bord.

Die gemeente sal jou maag vul met die hulle heerlike potjiekos-geregte wat hulle gaan voorberei. Die gemeente sal die ondersteuning baie waardeer. Vir meer inligting oor die verkope, kontak Jan Marero by 073 581 3043.

Dit is beslis iets om na uit te sien. Gaan maak gerus ’n draai indien jy dalk in die Vredendal omgewing is.

Bron: Dominee Aden Pedro Oktober, VGK Vredendal

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?