Versoeningsdag

Vir sommige mense beteken die 16de Desember, oftewel Versoeningsdag, die begin van hulle vakansie of net nog ’n dag waarvoor hulle nie verlof hoef in te sit nie. Die dag beteken vir Suid-Afrika egter BAIE meer as net bloot ’n dag waarop jy by die huis kan bly.

Versoeningsdag vind elke jaar op 16 Desember plaas. Dit is ’n belangrike dag in Suid-Afrika omdat twee histories gebeure plaasgevind het. Die Slag van die Bloedrivier tussen die Voortrekkers en die Zoeloes wat op 16 Desember 1838 plaasgevind het, is die eerste histories gebeurtenis. Die tweede historiese gebeurtenis wat op hierdie dag plaasgevind het, was die totstandkoming van Umkhonto we Sizwe (MK) op 1 Desember 1961.

Volgens Wikipedia se inskrywing oor Geloftedag is daar op 16 Desember 1838 ongeveer 470 Voortrekkers deur ten minste 10 000 Zoeloes, georganiseer in verskeie ‘impi’s’, by Bloedrivier aangeval. In die daaropvolgende oorwinning is net een Voortrekker lig beseer – hul leier, Andries Pretorius.

Op die voorafgaande paar dae het die Voortrekkers daagliks ’n gelofte afgelê dat indien God hulle sou help, sou hulle en hulle nageslag daardie dag soos ’n Sabbatdag herdenk, en die eer van die oorwinning sal aan God gegee word. Die slag staan bekend as die Slag van Bloedrivier, en die dag as (oorspronklik) ‘Dingaansdag’ (genoem na die koning van die Zoeloes).

’n Sonstraal val elke jaar op 16 Desember op die granietsenotaaf in die Voortrekkermonument in Pretoria.

In 1994 het die eerste ANC-regering die dag met Versoeningsdag vervang om versoening oor kultuur- en kleurgrense te bevorder. Party Afrikaners vier egter steeds Geloftedag in die gees van die gelofte. Daarteenoor onthou ander die dag eerder as die dag waarop Umkhonto we Sizwe sy eerste aanvalle in 1961 uitgevoer het.

Wat doen jy vir Versoeningsdag? Deel jou storie met ons deur vir ons ’n Facebook-boodskap te stuur of ’n e-pos na mymatzikama@lumico.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?