Verrassende beurtkrag vir Matzikama

Op 29 November is Matzikama-inwoners verras deur die elektrisiteitstoevoer wat tot stilstand gekom het van omtrent 14:00 tot 17:00.

Die Matzikama Munisipaliteit het op sosiale media bekend gemaak dat die krag af sou wees vir Vredendal, Strandfontein, Vanrhynsdorp en Klawer tot 17:00. Ander dorpe was vinnig om ook bekend te maak dat hulle krag ook af is; Piketberg, Citrusdal, Nieuwoudtville, Nuwerus, Bitterfontein, Lutzville, Ebenhaeser en Koekenaap was almal geaffekteer.

’n Beurtkrag skedule wat die rondtes op sosiale media doen dui nog beplande beurtkrag-tye aan. Die skedule kom van Eskom se webtuiste. Inwoners word gemaan om die skedule te bestudeer en die nodige voorsorgmaatreëls te tref om frustrasie en teleurstelling te voorkom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?