Verdrinking in Ebenhaeser skok gemeenskap

Sondag, 3 Februarie, toe baie inwoners van Ebenhaeser ’n middagslapie ingekry het voor die week weer begin, het ’n ongeluk nie ver van die stilte homself afgespeel. Die stilte van die Sondagmiddag is verbreek met die klank van sirenes wat almal ontnugter het. Eers later het die nuus versprei dat ’n tienerseun in die Olifantsrivier verdrink het.

Die veertienjarige Nathan Groenberg het met sy vriende in die rivier gaan swem. Hy was na bewering nie ’n goeie swemmer nie en het vir ’n oomblik onder die water verdwyn en nie weer opgekom nie. Sy vriende het probeer om hom te help maar kon hom nie opspoor nie. Die Lutzville SAPD is ontbied, maar Nathan se lewelose liggaam is eers op Maandag, 4 Februarie, die SAPD se duikeenheid gevind.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?