Varswaterpomp breek op Lutzville

Die inwoners van Lutzville is tans sonder water weens die varswaterpomp wat gebreek het. Die onderdele van die pomp sal eers namiddag hier aankom. Sodra dit hier is, sal daar onverpoos gewerk word om dit te herstel. Die water sal so spoedig moontlik weer aan wees sodra die pomp reggemaak is.

Die Matzikama-munisipaliteit span op Lutzville is jammer vir enige ongerief en inwoners van Lutzville word gevra om geduldig te wees terwyl daar aan die pomp gewerk word.

Bron: Matzikama-munisipaliteit

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?