Traut se das-versameling

Om jou Saterdag- of Sondagnamiddag rustig om te kry kan jy beslis by die Namaqua County Lodge in Voortrekkerstraat op Vanrhynsdorp gaan inloer.

Met die instap in die lodge se ontspanningsarea, waar jy potjie ‘pool’ kan skiet, ’n drankie bestel of net agteroor sit, sal jy omring wees met verskillende dasse. Die dasse dateer uit die 1800’s en is versamel deur Cecil Traut wat, voor hy afgesterf het, gevra dat dit in die lodge gehang moes word. Hy het nie een van die dasse gekoop nie, elkeen is aan hom gegee of geskenk. Dié rare versameling skep ’n regte oumodieuse atmosfeer in die plek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?