Toks van der Linde by Vredendal-sportklub

Toks van der Linde besoek Vredendal-sportklub op 23 Mei. Die geleentheid begin om 18:00. Toks het op Senekal in die Vrystaat grootgeword. Op laerskool het hy Noord-Vrystaat in die Cravenweek verteenwoordig en was kaptein van die span.

Ná skool het hy sosiale wetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en hy het vir die Shimlas asook die Vrystaatspan gespeel. Daarna het hy ʼn ruk vir Natal gespeel voordat hy hom in 1994 in die Kaap gevestig en by die WP en Stormers aansluit het. Hy het 157 wedstryde vir hulle gespeel voordat hy in 2001 moes uittree weens ’n derde nek-operasie. Ná ’n kort, maar indrukwekkende loopbaan in die negentigs is hy sedert 2006 ʼn gewilde sportkommentator.

Benewens kommentator en mede-aanbieder van die program, Oor die Kole, wat hy en Kobus Wiese gedoen het, werk hy vir  ʼn groot farmaseutiese onderneming. Toks ook beskermheer van die Durbanville Kinderhuis.
Tydens sy besoek aan die sportklub sal daar ook ‘n vasvra wees waar jy lekker pryse kan wen.  Woon dit gerus by want jy kan saam met Toks jou rugbykennis te toets. Gaan ondersteun Vredendal se sportklub saam met Toks van der Linde. Die byeenkoms is gratis en informeel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?