Tien van ons land se top-kunstenaars gaan jou behoorlik laat dans by die Madeliefie Makietie

Wen ’n kaartjie vir vanjaar se juweelfees

Maak gereed vir ’n kuier soos min by vanjaar se Madeliefie Makietie-fees, wat op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Oktober op die pragtige Weskus-stranddorp, Strandfontein, plaasvind.

“Vanjaar se Madeliefie Makietie gaan omtrént ’n belewenis wees. Die juweelfees beloof wonderlike vermaak vir jonk en oud,” sê Piet Otto, voorsitter van die Madeliefie Makietie-feeskomitee.

Vanjaar is daar weer drie verhoë by die fees; die seetuin-verhoog, die strand-verhoog en die hoofverhoog in die perdeskoen-amfiteater. Hier sal tien van ons land se top-kunstenaars – Jo Black, Willem Botha, Leah, Karlien van Jaarsveld, Lee Scott, Majozi, Dirk van der Westhuizen, Irene-Louise van Wyk, Snotkop en Juan Boucher – optree en feesgangers vermaak.

Met ’n groot verskeidenheid aktiwiteite soos die Weskus-raakrugby, die Maltrap-fietswedren en die splinternuwe stoftrap, hope kindervermaak en ’n magdom stalletjies waar jy die lekkerste kos, wyn, unieke handgemaakte items, heerlike koekies of ingelegde produkte tydens die fees kan aanskaf, is jy verseker om die feesnaweek saam met ons te geniet op Strandfontein.

Nie net kan jy uitsien na vanjaar se juweelfees nie, maar daar is ook verskeie opwindende aktiwiteite waarna jy as feesganger kan uitsien voor die fees.

Madeliefie Makietie-kompetisie

Wonderlike nuus vir alle Madeliefie Makietie-aanhangers! Ons gaan vir die volgende 14 weke elke week ’n kaartjie na die fees weggee. Om deel te neem is eenvoudig. Beantwoord net die maklike weeklikse vraag wat ons vra op sosiale media en sit jou antwoord in die kommentaarblokkie, like ons Facebook-blad en maak seker jy kyk elke Vrydag of jy nie dalk die week se wenner is nie. Ons sal elke Maandag ’n nuwe vraag vra en die wenner sal elke Vrydag aangekondig word. Kom neem deel! Dit kos niks en jy kan ’n dag by die fees gratis bywoon!

Woeker met jou talente by vanjaar se Daizy Z kompetisie

Word jy gereeld betrap dat jy tussen die winkels se rakke dans? Beskou jy jouself as ’n gesoute stortsanger? Het jy nog altyd daarvan gedroom om die groot verhoog te betree? Dan is dit nou jou kans om die Wes-Kaap jou talente te wys! Madeliefie Makietie bied vanjaar Daisy Z aan – ’n opwindende talentkompetisie met geen perke!

Die kompetisie vind plaas op Vrydag, 7 September op Klawer, Saterdag, 8 September op Vanrhynsdorp, Vrydag, 14 September op Lutzville en Saterdag, 15 September op Vredendal. Daar is geen ouderdomsbeperking of inskrywingsfooi nie en almal is welkom om aan die kompetisie deel te neem. Die gemeenskap word ook aangemoedig om die kompetisie en die deelnemers te kom ondersteun.

Hoewel vorige jare se kompetisie slegs ’n sangkompetisie was, is vanjaar oop vir enige talent. Bring jou honde om bollemakiesie te slaan of wys vir die dorp hoe jy op jou hande loop en jy mag dalk net die kans kry om by die fees self op te tree!

Kontak Chrisma Engelbrecht by 071 086 2933 of Cindy Schade by 071 151 6526 vir meer inligting of hou Madeliefie Makietie se sosiale media dop vir meer nuus oor die kompetisie. Daar is groot pryse op die spel!

Mej. Madeliefie kroningsgeleentheid

Mej. Madeliefie is een van die hoogtepunte van vanjaar se Madeliefie Makietie. As jy daarvan hou om in die kollig te wees, moet jy seker maak om in te skryf vir dié spoggerige kroningsgeleentheid. Hierdie skoonheidskompetisie vind plaas op Donderdag, 27 September om 19:00 by die sportsaal op Vredendal. As jy wil deelneem aan Mej. Madeliefie Makietie, meer oor die reëls van die kompetisie wil lees en ook die inskrywingsvorm wil voltooi, klik op die volgende skakel: madeliefiemakietie.co.za/mej-madeliefie-makietie/. Sluitingsdatum vir die kompetisie is Saterdag, 4 Augustus.

Die kaartjies vir die kroningsgeleentheid beloop R250 per persoon en sluit ’n ete in. Die tema van die geleentheid is ‘The Great Gatsby’ en die kleredrag is soos uit die laat 1920’s. Die gewilde hartebreker, Jay, is die gaskunstenaar wat die gehoor deur die loop van die aand gaan vermaak. As jy dié geleentheid wil bywoon en jou kaartjie wil koop, kan jy gerus Optika Oogkundiges, geleë in die Maskam Mall, besoek en jou kaartjie vir die glansgeleentheid daar kry.

“Ons is baie opgewonde oor vanjaar se Madeliefie Makietie wat hope vermaak verskaf voor- en tydens die fees. Ons sien uit om jou te verwelkom by die pragtige stranddorp, Strandfontein. Jy kan jy die vars seelug geniet, tussen ’n magdom stalletjies beweeg en van ons land se top-kunstenaars se musiek luister,” sê Cindy Schade, woordvoerder van die Madeliefie Makietie-fees.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram. Besoek ook ons webtuiste by www.madeliefiemakietie.co.za om meer te lees.

Kry die volledige feesprogram by www.madeliefiemakietie.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers-, House & Home-winkels, of kontak 0861 915 8000. Met Earlybird-kaartjies kry besoekers die geleentheid om hul kaartjies tot 30 Julie teen ’n groot afslag te koop. Earlybird-kaartjieverkope is as volg:

Vir Vrydag, 26 Oktober:

  • Earlybird-kaartjies vir kinders – R40 (7 – 17 jaar)
  • Earlybird-kaartjies vir volwassenes – R80

Vir Saterdag, 27 Oktober:

  • Earlybird-kaartjies vir kinders – R50 (7 – 17 jaar)
  • Earlybird-kaartjies vir volwassenes – R110

Ná 30 Julie kos kaartjies vir die Vrydag R100 en vir die Saterdag R130.

Vir medianavrae: Cindy Schade

E-pos: cindy@namaqua-eng.co.za
Tel: 071 568 3972

Uitgereik deur Lightspeed Digital Media

Vir navrae: Chrisma Engelbrecht
E-pos: chrisma@lightspeeddigital.media
Tel: 071 086 2933

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?